DAARDIE
HANDE
My
pa se hande was grof en groot –
ñ
boer se hande.
Hande
wat kon wérk en kon vasvat,
daardie
hande had stille krag.
Maar
so was sy hande ook teer en sag,
die
fynste en mooiste uit ñ ruwe stuk hout
kon hy optower,
wanneer
hy my kop ampers ‘omhels’ met daardie hande en
sy
growwe duime met teerheid my trane wegstreel,
was
die seer sommer weer onbenullig.
So
was daardie hande die voorbeeld van vele :
van bid –
saamgevou
in gebed op sy Bybel,
is
daardie hande in my onthou gegraveer;
van gee –
daardie
hande was óóp vir sy medemens;
van eerstes en vertroue –
my
eerste fietstrap, my eerste see-swem,
daardie
hande het my áltyd gevang,
maak
nie saak hóé skeef die lewe my gegooi het nie.
Daardie
hande was ook die eerstes van ñ man
wat
ñ deur vir my oopgemaak het,
ñ
stoel vir my uitgetrek het.
van heelmaak en genees –
want
wanneer ek gebreek gevoel het,
het
hy my stukke opgetel en weer heel laat voel.
So
het hy ook menige siektes en einas van ons,
sy
kinders, en ook die buurt se dierekinders
met
teerheid en empatie behandel.
van troos -
want
wanneer die onafwendbare tóg moes gebeur,
het
daardie hande teer vertroos.
Van versorg, voorsien en beskerm
–
Want
daardie hande kon wérk, hárd werk,
en
hy was ‘n meester met die swaard en sweep.
Ek
draai my vandag toe in my verlang want op hierdie Vadersdag wens ek -
kon
ek maar nog één keer daardie hande sien vou in gebed,
daardie
hande sien biltong fyn-fyn kerf,
daardie
hande voel sluit om myne
om
nog één keer my die mooi van die veld te wys ...
maar
daardie
hande is nou stil in gebed gevou op sy bors,
daardie
hande het moeg geword,
daardie
hande het die vreug van sy arbeid volbring.
Nou
word daardie hande omvou deur sy Maker
om
vir hom die mooi van die hemel te wys.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking