KLEINTYD SE
ONTHOU
Ek
onthou baie jare terug - die grondpaaie in Rensburg - Oukersaand - soel
somersaand. Ons is al almal blink gesig gewas/gebad/gestort & daar heers ñ
onderliggende opgewondenheid.
Die familie & vriende is by ons. My pa en ooms braai ñ vleisie. Die slaaie, pap & sous is lankal reg om op te skep. Ek onthou my ma se skalkse glimlag, wanneer ons vra wanneer kersvader dan gaan kom en haar antwoord - "wanneer ons eers gegee het."
Ek onthou die reuk van die jasmyn wat meng met die reuk van gesnyde gras. Ek onthou ñ oom se trok waarop ons geklouter het - en of jy nou ñ gatjieponder, dopper, apostool, akkedis (adventis), katoliek, presbiteriaan, joods of agnosties was - jy het geklim - want Kersfees was Kersfees vir àlmal.

As
jy nie die woorde geken het nie, het jy geneurie, maar sing het ons gesing. Al
die strate deurgery, al die kersliedere gesing en dan op te eindig by die
hospitaal en ouetehuis.
Ek onthou die seer-knop-in-die-keel Stille Nag se laaste note wat wegsterf en ou en siek mense wat dankie sê met trane wat oor hul wange rol.

Wanneer
ons weer terug was by die huis, onthou ek ñ vreedsaamheid by my ma & pa,
maar ek onthou nie hoekom nie. En ek onthou ook nie dat ek ooit gevra het nie.
Wat ek wel onthou, is my pa se growwe stem wat die dankgebed doen voor ons eet en nòù verstaan ek ...
Nou, na baie jare, praat ek met ñ vriendin van my ma en ook haar niggie en ons loop hierdie onthou-pad. En ek vra oor die vreemde vreedsaamheid wat ek by my ma & pa gewaar het.
En met ñ trotse & dankbare hart hoor ek vandag eers, sóveel jaar na die tyd, dat my ouers, terwyl ons kinders gaan kersliedere sing het, op hul eie "rondtes" gegaan het en geskenkies (dikwels tuisgemaak deur die nag by ñ naaimasjien) & my pa na werk in die garage by die houtwerk tafel, saam kos & geskenkies gaan uitdeel het aan hulle wat nie gehad het nie, of minder as ons gehad het, en ek verstaan nòù eers wat my ma bedoel het toe sy gesê het kersvader sal kom as ons eers gegee het.

Weereens
ñ les - jy kan nie ontvang met hande wat toe is nie - gee eers,
maak leeg daai hande,
maak leeg daai hart,
Wees ñ gee-mens.
maak leeg daai hande,
maak leeg daai hart,
Wees ñ gee-mens.
Ek
wil vanaand, op hierdie Oukersaand vir elke iedere een,
'n Baie Geseënde Christusfees toewens.
Laat ons dit ñ omgee-dag maak. ñ Gee-dag. ñ Liefdesdag. ñ Seën-dag.
Want ons - ek en jy - het die beste en grootste GESKENK ooit ontvang meer as 2000 jaar gelede.
Gee aan Hom die eer.

Kom
ons lèèf Jesus! Kom ons leef in dankbaarheid. Kom ons sien waaroor
Kersfees régtig gaan. Moenie Christus uit Kersfees, die Christusfees uithaal
nie - dan gaan jy die kern mis!
Geniet ñ wonderlike Kersfees met jou geliefdes, as jy geseënd is om hul by jou te kan hê. Tyd is kosbaar - spandeer dit wys. Die lewe is kort - moenie dit verkwis nie.
Kom ons wees Jesus vir iemand!

Skep
"onthou-oomblikke" - dis bitter kosbaar!💕🙌🙏🎁🎀📖
24/12/2017
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking