Dit was soos ñ doodsvonnis toe die dokter vir my sê hy gaan nie my ma ontslaan, voor ons nie ñ plek vir haar in ñ versorgingsoord het nie.
Hierdie "lady", my vriendin, my konfidant, die onafhanklike vasvat-vrou is gedegradeer tot ñ hulpelose, afhanklike en bejammerenswaardige mens in ñ rolstoel.
Die woord 'beroerte' gee géén indikasie van wat dit behels nie. Aan die anderkant die Engelse woord "stroke" is báie meer beskrywend. Dis soos één vee (stroke) van Die Hand, en jou héle lewe word omgedop.
Skielik lyk die paar goedjies wat ek in 2 tasse moet pak, vir my pateties en só onvoldoende. So ñ totale miskonsepsie van wie en wat my ma was en steeds is. Want sy is nie wég nie? Die mens wat my ma was is iewers binne in hierdie hulpelose wese.
Ek moet élke kledingstuk merk. Ek weet nie merk ek haar klere met my trane of met die merkpen nie. Ek kyk na haar hofskoene en die bypassende handsakke en ek sukkel om verby die rots in my keel te sluk. Ek kyk na die snyerspakkies en die besef dring tot my deur dat niks óóit weer rég gaan wees nie. Nie ons vriendskap nie, nie ons ma/dogter verhouding nie, nie ons huishouding nie (sy het by ons gebly) - niks.
Ek pak haar goedjies, ek sit allerhande snuisterytjies in. Haar bybel, gunsteling reukwater, poeier, room, ñ dagboek en foto's van ons almal.
Ek skryf vir haar ñ briefie en sit dit by haar plekhouer in haar Bybel. Só weet ek sy sal dit kry wanneer sy vanaand lees.
Ons ry na die tehuis en ek voel soos ñ hartelose, gewetenlose "human trafficker".
Hoe gaan ek my ma daar aflaai en huistoe ry? Hoe gaan ek in haar kamer ingaan en dit wat oorgebly het, oppak? Wat gaan ek sonder my ma doen? Die rede vir my opgee van my beroep is weg. Die rede vir my opstaan elke dag is weg. Die sorgvuldige beplanning van voedsame spyskaarte is nou onnodig.
Ek sit in haar kamer en ek dink ... wat nou? Wat gaan ek nóú doen? My lewe gaan aan. Ek het ñ man wat deur alles met my gegaan het. Hy het my ondersteun, onderskraag en aangemoedig. Ek moet nou aandag gee aan dit wat van ons oorgebly het.
Ek weet ek sou nie meer na haar kon kyk nie, die versorging gee wat sy regtig benodig nie, die terapie wat sy broodnodig het om weer haar normale funksies uit te voer nie en die besef kom na my - dis ok.
Ek het gedoen wat ek kon met die beperkte middele tot my beskikking. Ek hoop maar my omgee en liefde was genoeg. Ek het haar nie gaan "aflaai" soos ñ weggooi-hondjie by die DBV nie. Ek moes dit doen om haar te help. Al was dit binne my so ongelooflik seer om haar weg te vat, weet ek vandag, die dag wat ek my ma na die versorgingsoord moes vat, was die regte ding om te doen - vir ons almal!

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking